Preprimêre Skool Senekal
  • Tuisblad
  • Visie en Missie
  • Admin
    • Skoolreëls en Beleide
    • Skoolfooie
    • Nasorg en Nasorgfooie
    • Benodigdhede
    • Ander Inligting
  • Kontakbesonderhede

Oor ons

Graad R:
Preprimêre Skool Senekal is een van die bevoorregte kleuterskole wat aan ons ouers ’n Graad R kan bied. Hierdie resepsiejaar (Graad R) maak deel uit van die Departement Basiese Onderwys se strategieë om Suid-Afrikaanse kinders se skoolprestasie ’n hupstoot te gee. Navorsing toon dat kinders wat voor Graad 1 aan stimulerende aktiwiteite blootgestel word, deur hul primêre en sekondêre skooljare heen akademies beter presteer. Daarom fokus die Departement so sterk op leer in Graad R.
 
Hierdie voorbereidende fase is kardinaal vir Graad 1 aangesien die tempo deurlopend in die jaar verhoog word om die kleuters voor te berei vir die jaar wat voorlê. Ons aktiwiteite is ontwerp in ooreenstemming met die vereistes van uitkomsgebaseerde onderwys. Dit voorsien aan student die geleenheid om hulle volle potensiaal te ontwikkel.
 
Graad R vorm die brug tussen die student se voorskoolse ervarings en die formule skoolstelsel. Ons onderwyseresse benut leeruitkomste en die gepaardgaande assesseringstandaarde om student se behoeftes en tekortkominge so te identifiseer. Aan die hand hiervan beplan hulle dan leergeleenthede en aktiwiteite waardeur die student hierdie uitkomste kan bereik.

Verslae & Rapporte:
Ons kurrikulum is opgedeel in Temas van ontwikkeling en in spesifieke daglessies. Ons onderwyseresse is opgelei om elkeen van hierdie temas met sorg aan te bied met die hooffokus op speel. Speel is die een ding waarmee alle kinders goed is. Om dus hierdie natuurlike vaardigheid korrek aan te wend is kardinaal. Dit is krities dat ’n kind ontwikkel maar net so belangrik dat die kind, kind sal bly.
 
Daaglikse kommunikasie tussen leerkrag, ouer en kleuter verseker deurlopende goeie verhoudinge. Uit individuele assessering van kleuters, ontvang ouers ʼn volledige verslag op kwartaallikse basis (ses maandeliks – jongergroep) van kleuters se vordering.
 
Ons is hier om u kind te help om alle probleem areas uit die weg te ruim voordat u kind skooltoe gaan, dus is die evaluering van u kind vir ons van kardinale belang. Op ons verslae word presies aangedui wat u kind se vordering is en ook waarvan aandag gegee moet word. Bespreek dan gerus met u kind se onderwyseres hierdie uitslae sodat ons kan hande vat om u kind se vordering te versnel.
 
Aan die einde van die jaar kry julle dan die lêer met alles in. So kan jy dan al jou kind se vorderingslêers hou.

Die kleuterskool is soos volg gestruktureer:
Kleintjies (Blouklas): Kleuters wat 2 en 3 word
Jongergroep (Geelklas): Kleuters wat 4 word
Middelgroep (Rooiklas): Kleuters wat 5 word
Geregistreerde Graad R klas (Groenklas): Kleuters wat 6 word.
 
Daar word slegs beperkte aantal kleuters per klas toegelaat om te verseker dat die hoë standaarde wat sinoniem geword het met ons kleuterskool, behou sal word.

Elke ouer kan met gerustheid weet dat hul kleuter persoonlike aandag in ʼn ontspanne en gestruktureerde “leer terwyl jy speel” atmosfeer geniet. Die Groepe se dagprogramme is ouderdomsgerig met ruim voorsiening vir speel en ontwikkeling.
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuisblad
  • Visie en Missie
  • Admin
    • Skoolreëls en Beleide
    • Skoolfooie
    • Nasorg en Nasorgfooie
    • Benodigdhede
    • Ander Inligting
  • Kontakbesonderhede