Hierdie fasiliteit is slegs beskikbaar vir ingeskrewe kleuters van Preprimêre Skool Senekal.
Verantwoordelike, ervare en volwasse toesig word aangebied.
Dié persoon reël die middag se program.
Daar word geen gespesialiseerde lesse aangebied nie.
Elke kleuter bring haar/sy eie verversings vir die middag en 'n kussing/kombersie vir rustyd. Dit word aan die einde van elke kwartaal weer huistoe geneem om skoongemaak te word.
Daar is 'n geskikte lokaal by die kleuterskool vir Nasorg deur die Beheerliggaam goedgekeur.
Buitespel word net op die kleiner speelterrein toegelaat.
In geval van koue, reën of onaangename weer buite, mag die TV gebruik word om DVD's of Video’s te kyk.
FOOIE 2025:
Administrasiefooi (dadelik betaalbaar): R600.00
Nasorgfooie per maand (vir 10 maande - Februarie tot November): 3 dae per week: R p/m 5 dae per week: R p/m
Nasorgfooie word maandeliks VOORUITBETAAL. Altyd voor die VYFDE van elke maand.
Die uitstaande fooie sal by u skoolrekening gevoeg word. Hierdie rekening is betaalbaar voor die 5de van elke maand.
Indien u egter na 17:10 eers u kleuter kom haal, moet u verdere toesigfooi van R50 vir elke KWARTIER laat betaal. Dit sal so op u staat aangedui word vir vereffening. Die reëling is net om ons Personeellid wat vir NASORG verantwoordelik is, teen tydrowers te beskerm – aangesien sulke situasies ongelukkig wel al voorgekom het.
Nasorg Inskrywingsvorm vir 2025
Kontak asb. die skool by 076 399 7335 om 'n nasorgvorm te kry.