Visie: Om ʼn unieke omgewing daar te stel waar kleuters hul vormingsjare speel speel klaar kry vir ʼn toegeruste oorgang na die grondslag fase.
Missie: Die sukses wat met die opvoeding en onderrig van die kleuters behaal word, is te danke aan die krag en genade wat ons van Jesus Christus ontvang, daarom is ons eerste prioriteit die versterking van Christelike beginsels en leerstellings.
Kleuters word onderrig in ʼn gemaklike, informele atmosfeer deur opgeleide personeel. Die personeel tree lojaal op teenoor die onderwys, kollegas en kleuters in die skool. Hulle stel die belange van die kind en die skool voorop. Hulle is trots op die Afrikaanse taal en kultuurerfenis en streef na die handhawing en uitbouing daarvan.
Die klaskamers is toegerus met doelgerigte opvoedkundige apparaat wat gedurende vryspel binne en buite gebruik word. Dit bevorder die ontwikkelingsvlak van die kleuter in totaliteit en maak die kleuter gereed vir die formele skoolloopbaan wat volg.
Ouderdomsgegroepeerde klasse lei tot individuele aandag wat elke kind se unieke ontwikkeling akkommodeer. Die betrokkenheid tussen ons skool en Primêre Skool Senekal verskaf sekuriteit aan kleuters en ouers.